book-icon Uitgawe Oktober-November 2020

RUBRIEK: ’n Plaasvervanger vir verplasing?

akkreditasie
Ford Ranger
Ford Ranger

Ek hoor gerugte dat die Toyota Land Cruiser 200-reeks se plaasvervanger (kom ons noem dit die 300-reeks) nie meer die 4.5 V8 dubbelturbo-dieselenjin gaan hê wat in die huidige model is nie. Daar word ook gegis dat die nuwe voertuig met ’n kleiner turbo-dieselenjin (rondom 3 tot 3,5 l) met óf 4 óf 6 silinders toegerus gaan word. En dan praat die mense van petrolenjins met hibriede tegnologie wat moontlik ingespan gaan word.

Op internetkletsforums kry jy gemengde, maar stérk menings. Ek was aanvanklik skepties en effens teleurgesteld oor die toedrag van sake. Ek het al met heelwat 200 Land Cruisers gery en dit was altyd ’n plesier. My eie 76 Cruiser het dieselfde enjin, maar het ’n enkelturbo wat dus minder krag en wringkrag lewer. Daar was egter nog altyd hierdie stemmetjie agter in my kop wat sê dat nie één van die voertuie hom gedra asof hy deur ’n groot V8-turbodiesel aangedryf word nie.

Wanneer ons na die huidige reeks moderne dieselaangedrewe 4x4-voertuie kyk, het so te sê elke vervaardiger in ’n stadium die enjingrootte verklein, maar terselfdertyd die beskikbare krag en wringkrag verbeter. Kleiner enjins het oor die algemeen ’n reeks voordele teenoor groter enjins met meer silinders. Daar is byvoorbeeld minder bewegende onderdele in ’n kleiner enjin met minder silinders. Minder bewegende dele beteken minder wrywing oor die algemeen, wat beteken minder brandstof hoef verbrand te word.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan