book-icon Uitgawe Oktober-November 2022

Pierre sê: Tyd vir tentslaap

akkreditasie
Foto: Galloimages/Gettyimages.com
Foto: Galloimages/Gettyimages.com

Hoe weet ’n mens jy’t ’n goeie winter agter die rug? Wel, sedert ek by Weg werk, meet ek dit in tentdae.

As jy meer dae in ’n tent geslaap het as in jou eie bed, het jy ’n uitstekende winter beleef! Die koeler maande is van die beste maande om ons buurlande te verken en in Junie kon ek in Namibië gaan stap, in Julie deur Zimbabwe en Botswana op ’n fiets toer en in Augustus in die Chobe- nasionale park en die Moremi-wildreservaat gaan kamp.

Dit was die beste balsem vir my siel. Teen dié tyd weet ons hoe mors kunsmatige lig (veral televisie-, rekenaar- en slimfoonskerms) met ons gesondheid. Maar ná ’n week van tentslaap onder die sterre, waar jy jou kop neerlê as dit donker word en jy wakker word met die eerste gekwetter van voëls, voel jy soos ’n nuwe mens.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan