Dit is nie maklik om jou lê te kry agterin ’n Suzuki Jimny nie, veral nie as jy 1,8 m lank is nie. Dit is pikdonker buite en ek móét slaap, want oor drie uur is dit my beurt om te bestuur.
My vrou, Suzaan, hou die kar in die pad en ons 14-jarige dogter, Miri, hou haar wakker.
Ons is besig om in een skof dwarsdeur die nag van Graskop in Mpumalanga tot by ons huis in Kaapstad te ry.