book-icon Uitgawe Mei 2018

RUBRIEK: Ek en ’n tent...

akkreditasie

Ek vermoed my veelbewoë verhouding met tente het begin toe my pa ’n opslaanwoonwa aangeskaf het. Buiten verskeie ander gebreke het die wa ook gebukgegaan onder die naam “Skipper”.

Oor die Skippertjie wil of kan ek nie veel uitwei nie, hoofsaaklik omdat ’n mens geneig is om uiters onaangename herinneringe uit jou geheue te skrap. Ek onthou wel vaagweg flertse van ’n windverwaaide vakansie in Oos-Londen se munisipale woonwapark. Flertse soos ProNutro wat saam met die sand tussen jou tande grint en pale wat aljimmers onder die aanslag van die wind neerkletter.

Dit moet 1971 gewees het, want daar is ook flertse van Three Dog Night se “Jeremiah was a Bullfrog” wat oor die blikkerige luisprekers van die minigholfbaan speel. “Joy to the fishes in the deep blue sea,” het dit gebulder, maar hier op land gaan dit maar erg ellendig, dankie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan