book-icon Uitgawe Oktober-November 2022

RUBRIEK: Hou die ‘ou man’ op ’n afstand

akkreditasie
Skets: Nicolene Louw
Skets: Nicolene Louw

Ek en my susters was nog klein toe my pa ons aan staproetes teen sneeubedekte berghange en natuurreservate vol gevaarlike diere bekend gestel het. Ver van die bekendheid en gemak van die beskawing.

Waar die meeste ouers egter met die ouderdom ’n bietjie makker word, het pa Mike se avontuurlustigheid toegeneem. Hy’s al ánderkant 80 en haal gereeld aan uit Toby Keith se liedjie “Don’t let the old man in”.

En ek moet erken: My pa hou daai man vér weg. As 26-jarige sukkel ek om by Mike by te hou, maar ek probeer hard. Dié dat ek nou (onder die wakende oë van ’n opgestopte kameelperd) saam met hom op ’n jagplaas ’n paar kilometer stroomaf van die Vanderkloofdam vir aandete aansit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan