Tegnologie soos GPS, navigasie- apps op slimfone, die internet en ’n verskeidenheid reisgidse maak dit maklik om jou reis op roetes soos dié tussen Beitbrug en Kaapstad en Zeerust en Maputo te beplan. Nasionale en provinsiale roetes word genommer en op padkaarte gemerk wat jy van die internet kan aflaai.
Mense wat nuwe bestemmings wil ontdek of uitgekuier is met kampplekke, kan nuwe lewe blaas in hulle soeke na onvergeetlike ervarings. Die N1, N2 en N3 is alombekend as nasionale roetes, terwyl paaie soos die N4 tot N21 en provinsiale roetes (R21 tot R80) minder bekend is.
Op die lys wat ek geraadpleeg het, is daar nie ’n N13, N15, N16, N19, N20, R32, R47, R77, R78 en R79 nie. Ja, Wikipedia het sy tekortkominge, maar bevat tog nuttige inligting en lys ook al die bestaande roetes.