book-icon Uitgawe April 2019

Rubriek: Kalahari-paaie koshuis toe

akkreditasie
Skets: Fred Mouton
Skets: Fred Mouton

Die Kalahari was jare lank ’n droomwêreld waarheen ek in my verbeelding gestap het. Daar gekom, het ek gewoonlik met my jaggeweer oor die skouer begin spoorsny en ’n springbokkie gesoek wat ek die aand sou braai terwyl ’n groot vuur brand en die leeus om my brul.

Ek is grootgemaak met P.J. Schoeman-boeke en die Bybel. Vir my was Jesus nie 40 dae lank in die woestyn nie. Hy was in die Kalahari.

En behalwe vir die duiwel wat kom pla het, het ek gereken Jesus het ’n ongelooflike tyd gehad: Saam met Boesmans volstruiseierdoppe uitgegrawe, op die rooi duine saggies gesug as die son val, en saans op die koel sand gelê en kyk na die sterre.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan