book-icon Uitgawe Junie-Julie 2022

RUBRIEK: Só word kamptariewe bepaal

akkreditasie
Foto: Galloimages/Gettyimages.com
Foto: Galloimages/Gettyimages.com

Mense sê soms grappenderwys kamp is ’n geval van middelklasmense wat ’n fortuin betaal om soos plakkers vakansie te hou. Onlangs hoor ek ook hoe ’n inbeller op ’n reisprogram sê dat kamptariewe aan uitbuiting grens. Ek verskil van hom en glo ook nie hy besef die omvang van die inset- en bedryfskoste wat nodig is om ’n kampterrein se kop bo die water te hou nie.

As jy goedkoop wil kamp, gaan jy moet aanvaar dat swak, min of geen geriewe nie jou voorland is. Dis ook nie werklik “goedkoop” nie, want om selfversorgend te wees verg ’n stewige belegging in die tegnologie en ingeboude of toegevoegde katoeters om lig, water en energie te verskaf wat dalk nie op die terrein beskikbaar is nie.

Daar is basies drie maniere om kamptariewe te bepaal, naamlik op ’n koste-, waardetoevoeging- of ’n heersende markprysbasis. Tariewe word ook beïnvloed deur die seisoen, hoe lank jy kamp en die getal mense per staanplek.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan