book-icon Uitgawe Oktober 2019

Rubriek: Terug na Port Edward

akkreditasie

Ons was nog altyd Suidkus-mense. My pa was nie lief vir die Kaap nie, want hy haat die wind. Die res van ons familie bly in elk geval in Johannesburg. Wat het ons dus in die Kaap verloor? Niks. Nee, vandat ek kan onthou, het ons woonwavakansies gehou in die KwaZulu-Natalse Suidkus – spesifiek Port Edward.

Ek het my pa eenkeer gevra hoekom juis Port Edward. “Want Port Edward het die beste strand in Natal,” was sy gesaghebbende antwoord. Daar was natuurlik ’n ander rede ook: Port Edward se woonwapark het aan die polisie behoort, en omdat my broer in die polisie was, het die staanplekke ons slegs R15 per nag gekos. As jy boonop vir oom Koos Grové geken het (hy was jare lank die polisiestasiebevelvoerder by Linden, maar toe al afgetree), het hy sommer vir jou ’n vrieskas ook gereël.

Ek weet nie hoekom daai vakansies so spesiaal was nie. Dalk was dit die lelike Vrystaat – die “States” – en die mynhope wat ons dorpie, Virginia, omring het wat Natal soos ’n paradys laat lyk het. Dalk was dit die vooruitsig van drie weke se ononderbroke see en son, sonder skool, huiswerk of roetine. Die wegbreek uit ons saai myndorpiebestaan.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan