Ná ’n wonderlike week in die Kgalagadi-oorgrenspark is dit tyd om terug Kaapstad toe te ry.
Ek het my rieme dun gesny: Dis Vrydagoggend en ek moet Saterdag ’n vriend in die Kaap groet voordat hy na Amsterdam verhuis.
Dit laat my met een dag om die 1 127 km van Twee Rivieren na Kaapstad af te lê.