book-icon Uitgawe Desember 2020-Januarie 2021

Stikstof vir jou bande?

akkreditasie
Rubriek: Mic van Zyl
Rubriek: Mic van Zyl

Volgens sommige sogenaamde kenners sorg stikstof vir ’n langer bandleeftyd, maar ook beter stuur-, rem- en padhouvermoë én brandstofverbruik.

Boonop sorg dit vir ’n laer bandtemperatuur, wat die moontlikheid dat iets fout gaan, aansienlik verminder. Dit beteken beter veiligheid vir jou én jou voertuig, en hulle sal jou vertel jy is ’n dwaas as jy net gewone lug in jou duur nuwe bande pomp.

Ek was onlangs by ’n bandesentrum om my Land Cruiser se bande te ruil. Ek is gelukkig omdat dit ’n maatskappymotor is; dus hoef ek nie te betaal nie. Tog bly ek baie nougeset wanneer dit kom by my ryding se bande, vering en remme.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan