book-icon Uitgawe April 2020

The Good, The Bad... en die blouaap

akkreditasie
Skets: Fred Mouton
Skets: Fred Mouton

‘Was jy al in die wildtuin?” vra ’n ou vlam my eendag. Sy (ons noem haar sommer Ounooi) is ’n Laevelder en ons kuier by haar familie op ’n plaas buite Barberton.

Ek is ’n Weskusklong en in daai plat fynboswêreld waar ek grootgeword het, is die wildste ding wat ek ooit as kind gesien het, ’n rooihakskeen-volstruismannetjie wat ’n wyfie probeer inhaal langs die Velddrifpad. Dus, nee, ek was nog nie in die wildtuin nie.

Douvoordag die volgende oggend pak ons rugsakke, ’n viermantent en ’n koelboks onder ’n seil agterop die roomkleur enkelkajuit-Toyota Hilux van Ounooi se pa.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan