book-icon Uitgawe Februarie-Maart 2022

Terug plaas toe op Tarkastad

akkreditasie
Lucky Mdayi – hier op die perd Cody – werk op die Blanco-gasteplaas waar hy besoekers op perderitte lei en groentjies touwys maak in die saal.
Lucky Mdayi – hier op die perd Cody – werk op die Blanco-gasteplaas waar hy besoekers op perderitte lei en groentjies touwys maak in die saal.

Dis goed om soms ’n verkeerde afdraai te vat. “Suurfontein”, het die bordjie teen die R61 aangedui.

Dit was lekker om die teerpad vaarwel te wuif, want op ’n Sondagmiddag zoem dit onverpoos met minibussies wat passasiers meestal Kaapstad toe vervoer, 1 000 km hiervandaan.

Ek is deur ’n plaasveiligheidshek – ’n algemene gesig deesdae op die platteland, vernaam waar veediefstal ’n probleem is. Volgens die bordjie is dié hek saans van 6 nm. tot 6 vm. gesluit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan