Lt. Hans Goerke het in 1904 saam met die Schutztruppe uit Duitsland in Duits-SuidwesAfrika aangekom. Maar ná die ontdekking van diamante by Kolmanskop in 1908 het dié voorraadinspekteur uit die weermag bedank en as die bestuurder van die Emiliental Diamantengesellschaft mbH sy fortuin gemaak.
Die woonhuis wat hy in 1910 aan die bopunt van Zeppelinstraat teen Diamantberg laat bou het, is ’n toonbeeld van die rykdom wat in daardie dae uit diamante bekom is.
Daar word geglo dat die argitek ene Otto Ertl was, wat ook heelwat ander Duitse ampsgeboue en huise in Lüderitz en Swakopmund ontwerp het.