Af en toe sien jy hoe iemand op ’n olifant se rug verbyry en vroue in helderkleurige sari’s wat deur die groen landskap sweef.
Die eiland Sri Lanka is die laaste plek op aarde waar jy ’n straat met die naam “Boer Road” sou verwag. Maar elke steen in hierdie straat is destyds deur die Boere-krygsgevangenes van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) daar geplaas.
Ek en my verloofde, Simone Zents, het Sri Lanka in 2019 besoek om by haar ouers te kuier. Ons het die vakansie só beplan dat ons die spoor van dié krygsgevangenes deur Sri Lanka kon volg.