book-icon Uitgawe Oktober-November 2022
Deel

Verken valleie en watervalle in Hogsback

akkreditasie
39 Steps-waterval
39 Steps-waterval

Net buite die dorpie Alice in die Oos-Kaap draai die R345 noord en kronkel deur landerye verby ’n handjievol landelike woonbuurte en die Tyumedam voordat dit met die Hogsback- pas teen die voetheuwels van die Amatolaberg uitklim.

Hoe hoër jy vorder, hoe digter word die woud en aan die bopunt van die pas laat die blaredak skaars enige sonlig deur. Dan, net anderkant ’n naambord met ’n prentjie van ’n bosvark, verander die teerpad in ’n grondpad. Dié grondpad is Hogsback se hoofstraat.

Hier’s nie rye winkelvensters, tjokvol parkeerterreine of verkeersligte nie. Die sypaadjies is oortrek met gras en jy moet tussen die stamme van bloekoms, dennebome en stinkhoute soek vir ’n parkeerplek.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan