Die R62 is die gewildste roete tussen Oudtshoorn en die Kaap, maar as jy ’n tydjie het kan jy gerus ’n dag of wat ekstra vat en van die ander juwele in die Klein-Karoo besoek. Dis presies wat Evan Naudé gedoen het vir sy storie oor Gamkaskloof in die Maart uitgawe van WegRy. Hy het ook ’n hommeltuig saamgeneem en die landskap uit ’n ander hoek uit op video vasgelê.