Kan Duncan dalk help? Ek het dié ongewone wurm op ons plaveistene gekry.
Dis die larwe van die kiepersol-pouoogmot, Bunaea alcinoe, ’n groot mot met ’n vlerkspan van sowat 160 mm.
Die larwes vreet meestal kiepersolbome, maar ook koorsbessie-, beesklou- en essenhoutbome. Hulle kom meestal in die bosveld voor en is sensitief vir koue toestande. Ek het hulle wel al in Pretoria gesien.