Rondom twee miljoen jaar gelede tref ’n meotoriet die lappie aarde tussen Koppies en Vredefort in die Vrystaat en veroorsaak ’n krater van 301 km².
Volgens Unesco is die Vredefortkoepel die oudste, grootste én diepste komplekse meteoriet-impakstruktuur ter wêreld. Dit is mooi wêreld om te verken as jy in die omgewing kuier. Van Parys af kronkel grondpaaie weerskante van die Vaalrivier suid deur die krater se westelike heuwels.
Ons het tent opgeslaan by Tava Lingwe- lodge, 27 km buite Vredefort op die R95. Ons roete het ons deur die dorpie Venterskroon tot by Parys geneem, en dan weer teerpad langs terug tot by Tava Lingwe. Jou eerste afdraai is tussen Tava Lingwe en Vredefort op die S713 (S27.069091 E27.235926).