book-icon Uitgawe Mei 2018

Waai, jy’s in Marquard!

akkreditasie

Die dorpie Marquard is op ’n effense bultjie, sowat 160 km noordoos van Bloemfontein. Dis asof die vlaktes van die droër, sentrale Vrystaat hier meer reën kry en berge begin groei. Want hier naby Marquard is die mooi Korannaberg en van hier af ooswaarts is die provinsie groener en vol sandsteenkranse. Dis waarom die plaaslike mense sê die Vrystaat begin hier mooi raak. Hulle glo ook Marquard is die vriendelikste dorp in die land.

Net voordat jy die dorp inry, kondig ’n sementdamwal langs die pad aan: “Marquard. A dam friendly town.” En dan ’n bord wat vra: “Waai asseblief, jy betree ’n vriendelike gebied.”

Jy sien gou dat dit waar is, want bo elke stuurwiel van elke voertuig wat verbykom, steek ’n oop hand uit. Dis ’n dorpie met ’n slaghuis, kafee, koöperasie en mooi NG kerk van sandsteen. Dis ’n plaasdorp vol bakkies, sleepwaens met skaap of bees, en elke dan en wan dreun trekkers in die hoofstraat af. Maar verbasend genoeg is hier ook twee restaurante.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan