book-icon Uitgawe Julie 2019

Wakkerstroom: Held van die Hoëveld

akkreditasie

In 1859 besluit Dirk Cornelius Uys, ’n veteraan in die Slag van Bloedrivier, ’n mooi grasvlakte in ’n kom tussen ’n paar heuwels is ’n goeie plek om ’n dorp – op vyf na die oudste in die Ou Transvaal – te stig. “Swart Dirk,” soos hy ook bekend gestaan het (oor sy donker gelaat), het in daai tyd nie ’n maatband gehad om behoorlike dorpsbeplanning te doen nie. Ná ’n kolskoot uit sy Sanna meet Swart Dirk – met ’n riem gemaak uit ’n eland se vel – dus die eerste strate en erwe van Wakkerstroom uit.

Uys was later jare in ’n konsentrasiekamp in die Tweede Anglo-Boereoorlog. Met sy vrylating het hy die Krugerrande wat hy versteek het, opgegrawe en hom as ’n beesboer gevestig op Wakkerstroom en Utrecht.

Hy was later bekend vir die Drakensbergerras waarmee hy geboer het. Uys is in die ouderdom van 96 oorlede en lê langs sy vrou, Dorothea, in Wakkerstroom se begraafplaas.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan