book-icon Uitgawe Maart 2020

Wat baar(s) die dam vanjaar?

akkreditasie
WAAR HOU DIE VIS? Kenners meen die Clanwilliamdam in die Olifantsriviervallei is een van die topbestemmings in Suid-Afrika vir baars vang, maar jou kanse om een aan die lyn te kry is hoegenaamd nie ’n uitgemaakte saak nie.
WAAR HOU DIE VIS? Kenners meen die Clanwilliamdam in die Olifantsriviervallei is een van die topbestemmings in Suid-Afrika vir baars vang, maar jou kanse om een aan die lyn te kry is hoegenaamd nie ’n uitgemaakte saak nie.

Daar gloei ’n volmaan in die Augustuskoue bo die spits van die Sederberg. In Clanwilliam aan die voet van dié bergreeks ritsel geen blaar nie en die maanlig skyn silwer op die swart laken van die Clanwilliamdam.

By die De Kelder-restaurant op Clanwilliam, nie ver van die dam af nie, praat vissermanne ernstig oor visvangsake, soos ’n groep ekonome wat die mikro-ekonomie ontleed. “Kyk net daai maan... mmm, belowend!” sê die een. “Nee. Dam te vol. Water te koud. Maar jy weet nooit nie,” sê ’n ander. Vir nou hang die baars nog onverstoord in die hoekies en baaie van die dam, in die vlak modderige water wat hulle verkies. Môre word hier visgevang. Of altans, dis die plan.

Die groep van sowat 60 begeesterde hengelaars is by De Kelder om te registreer vir die jaarlikse Clanwilliam Winter Bass Classic by die Clanwilliamdam, wat al sedert 1989 aangebied word. Moenie die Winter Bass Classic met die Summer Bass Classic verwar nie. Albei toernooie vind by dié dam plaas, maar die wintertoernooi lok die hardebaarde, die meeste van hulle beroepsvissermanne met Springbokkleure vir baars vang.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan