Amarula hawermout

akkreditasie


Jy benodig

2 eetlepels botter
1 gerasperde appel (opsioneel)
’n knippie fyn kaneel
1 ½ koppie hawermout (nie die kitssoort nie)
’n knippie sout
1 ½ koppie water
½ koppie room
½ koppie Amarula
Neut-en-sultana-mengsel
½ koppie goue sultanas
¼ koppie amandelsplinters
¼ koppie pampoenpitte
¼ koppie klapper


So maak jy

1. Smelt die botter in ’n pot, gooi die appel, kaneel, hawermout en sout daarby en roer vinnig deur. Voeg die water en room by en bring tot kookpunt. Laat dit dan ligweg prut vir 8 minute.
2. Verwyder van die hitte en roer die helfte van die Amarula deur die pap. Laat staan dit met ’n deksel op vir 10 minute. As die pap te dik is, kan jy dit losser maak deur ’n bietjie water by te voeg en dit weer effens te verhit.
3. Sit die pap warm voor, met ’n bietjie van die neut-en-sultana-mengsel en die res van die Amarula oorgedrup.


Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan