Aspoestertjiepoeding

akkreditasie
My ma het altyd dié poeding gemaak as ons gaan kamp. Sy het melk en gouestroop gebruik, maar ek het vir Aspoester ’n stiletto aangetrek: room en heuning.


Vir 6 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 15 minute

Jy benodig

• 1 klein, ronde witbrood (ou pot- of winkelbrood werk ook goed)

• 1½ koppie room

• 1 teelepel vanielje- of karamelgeursel

• 125 g botter

• 5 eetlepels heuning

• roomys

• suurlemoenskyfies

Só maak jy

1. Sny die brood in kwarte en sny elke wiggie middeldeur – jy het blokkies van sowat 5 cm breed nodig. Pak die brood in ’n vlak bak. Meng nou die room en geursel, en gooi dit daaroor. Laat staan dit vir 5 minute en draai dan die stukke om.

2. Smelt die botter en heuning in ’n platboomswartpotjie of pan wat groot genoeg is sodat al die brood in ’n enkellaag sal inpas.

3. As die heuningstroop begin borrel, pak die brood daarin en braai dit goudbruin aan alle kante (dit brand maklik – draai dit gereeld om). Sit dit voor met roomysbolle of vla en suurlemoenskyfies.