
Dié aartappeltjies vind groot byval elke keer as ek dit maak. Sit dit voor met gebraaide hoender of beesvleis.
Vir 6
Voorbereityd 10 minute
Gaarmaaktyd 20 minute
Jy benodig
• 1,5 kg baba-aartappels
• 4 repies gerookte strepiespek of pancetta, gekap
• 5 sprietuie, gekap
• 125 g botter
• 1 teelepel sout
• ½ teelepel gemaalde swartpeper
Só maak jy
1 Bedek die ongeskilde aartappels met koue water. Bring tot kookpunt en prut vir 20 minute tot gaar en sag genoeg om liggies fyn te druk.
2 Soteer die spek en uie in die botter tot sag. Moenie die botter laat bruin raak nie.
3 Roer die spek, botter en uie deur die aartappels. Geur met sout en swartpeper.