book-icon Uitgawe Mei 2019
Deel

Beeskortribkerrie

akkreditasie
Foto: Mybugh du Plessis
Foto: Mybugh du Plessis
Dié kerrie is matig en ryk – ’n potjie om oor huis toe te skryf.

Stadig maar seker…

Jy benodig

(genoeg vir 4-6)

  • 1 kg beeskortrib, in porsies gesaag
  • 4 eetlepels olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 eetlepels matige kerriepoeier
  • 1 teelepel droë tiemie
  • 1 lourierblaar
  • 1 l beesaftreksel
  • 10 droë pruimedante
  • 2 wortels, gekap
  • 4 aartappels, in blokkies gesny
  • 4 eetlepels blatjang
  • sout en swartpeper na smaak

Só maak jy

1. Braai die stukke beesvleis in ’n pot tot bruin. Voeg 2 eetlepels olie by om die proses aan die gang te kry en braai die vleis vinnig in sarsies oor ’n hoë hitte sodat dit nie water trek nie. Skep die vleis uit en hou dit eenkant.

2. Soteer die ui en kerriepoeier in dieselfde pot tot sag. Skep die vleis terug in die pot en voeg ook die tiemie, lourierblaar, aftreksel, pruimedante, wortel en aartappel by. Sit die deksel op en prut die kerrie vir 2 uur oor matige hitte – die vleis moet só sag wees dat dit van die been af loskom.

3. Geur die kerrie na smaak met sout en swartpeper en sit voor met rys.

Weg Ry & Sleep sê
Die pruimedante kan jy vervang met enige droëvrugte van jou keuse.