
Foto: Michelle Parkin. Kosassistent: Tani Kirsten
Vleis met die been in sorg vir die lekker geur van die potjie, maar dit jy kan dit ook met ghoelasjblokkies vervang.
Jy benodig
(genoeg vir 6)
- 30 ml sonneblomolie
- 1 kg stowebeesvleis aan die been
- 1 ui, fyngekap
- 2 wortels, fyngekap
- 250 g sampioene, in dun skyfies gesny
- 1 bottel (400 g) tamatie-pastasous
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk sout en swartpeper na smaak
Só maak jy
1 Verhit die olie en braai die beesvleis in sarsies bruin. Skep die vleis uit en hou dit eenkant.
2 Soteer die uie tot amper sag, voeg die wortel en sampioen by, en braai alles saam tot goudbruin.
3 Laat die potjie mooi prut en voeg dan die pastasous, knoffel en die vleis by. Sit die deksel op en prut dit vir 2-3 uur totdat die vleis sag is en van die been afval. Geur die vleis na smaak met sout en peper.
4 Trek die vleis van die been af en bedien dit met gaar pasta.
Weg Ry & Sleep sê
Vries die sous in Ziploc-sakkies en verhit dit by die kamp net vinnig in die potjie.