
Kaas en biltong vat die plek van vis in dié koekie. Dis alte lekker met ’n slaai vir ’n ligte ete, of saam met wors en smoor of ’n bredie met ’n lang sous.
Jy benodig (Vir 4-6)
• ½ ui, fyngekap
• 2-3 koppies kapokaartappels (of gebruik Smash)
• 1 eetlepel Dijon-mosterd
• ½ blikkie heel mieliepitte
• ½ koppie sagte biltong, gekap
• ½ koppie gerasperde cheddarkaas
• 1 eier, met ’n vurk geklits
Só maak jy
1. Verhit olyfolie of botter in ’n pan en braai die uie tot goudbruin. Meng die uie en die res van die bestanddele saam.
2. Maak 6-8 koekies uit die mengsel sit dit vir 30 minute in die yskas sodat dit ferm raak.
3. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan. Braai die koekies vir 5 minute aan elke kant tot goudbruin. Sit dit voor met mayonn