Deel

RESEP | Biltong-en-feta-pastaslaai

akkreditasie
Foto: Michelle Parkin. Kosassistent: Tani Kirsten
Foto: Michelle Parkin. Kosassistent: Tani Kirsten
Hou dié resep byderhand vir ’n vinnige, maklike en smaaklike ligte middagete in die kampterrein.

Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • 250 g rigatonipasta
  • 200 g biltong, fyngekerf
  • 10 ingemaakte pikantrissies
  • 2 wiele fetakaas, gekrummel
  • 50 ml pekelwater van die pikantrissies
  • 30 ml olyfolie
  • ½ rooiui, fyngekap
  • sout en swartpeper na smaak
  • vars kruie (opsioneel)

Só maak jy

1. Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie in ’n groot pot vol soutwater.

2. Meng die biltong, pikantrissies en fetakaas deur die pasta.

3. Klits die pekelwater en olyfolie goed saam en roer die ui by. Geur dit met sout en peper na smaak, en gooi dit oor die pastaslaai. Garneer dit met vars kruie.

Weg Ry & Sleep sê
Jy kan ook 2 koppies gekapte blaarslaai deur die slaai meng indien verkies.