Biltongburgers

akkreditasie
Foto: Ed O’Riley
Foto: Ed O’Riley

Meng die maalvleis, worsvleis, biltongspeserye, asyn en worcestersous goed saam in ’n groot mengbak. (Die worsies bevat bindmiddel; dus het jy nie eier of brood nodig nie.) Verdeel die mengsel in 4 en vorm patties. Verf dit oraloor met olyfolie en rol die rande van die patties in die biltongstof. Sit dit vir 20 minute in die yskas tot ferm. 

2 Braai die burgers vir ongeveer 5 minute aan ’n kant in ’n warm gietysterpan oor die kole (of op die stoof). Gebruik jou oordeel: Sodra die onderkant mooi goudbruin is, maar nog nie begin brand het nie, kan jy die patties omdraai. En gebruik liewer te veel olie as te min – anders gaan die patties vassit en begin verkrummel! 

3 Sodra die vleis mooi bruin en so te sê gaar is, verwyder van die hitte, bedek die pan en laat die vleis toe om vir nog sowat 10 minute te rus en deurgaar te word. Omdat die burgers vark bevat, wil jy hê dit moet goed gaar maar steeds sappig wees. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan