RESEP | Boereworspastei

akkreditasie

1. Vou die deeg op ’n skoon werkoppervlak oop en sny dit met ’n skerp mes in stroke van 3 cm breed. Begin by ’n punt van die wors (koue wors werk makliker omdat dit beter vorm behou) en draai een reep deeg op ’n slag om die wors, amper soos ’n verband.

Sodra ’n strook deeg opgebruik is, druk met jou vingerpunte ’n nuwe strook aan die eindpunt van die vorige een vas om dit te las, en werk voort – hou so aan totdat die wors heeltemal bedek is. Verf dit oraloor met eier en strooi die sesamsaad oor.

2. Sit die rol versigtig op ’n toeknyprooster neer – een wat diep genoeg is om nie jou meesterstuk plat te druk nie! Braai dit dan vir 20-25 minute oor matige kole totdat die deeg goudbruin en gaar is. Sit dit voor met tamatiesalsa, chakalaka, uiesmoor of mosterd.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan