
Vir: 4 | Voorbereityd: 30 minute | Kooktyd: 15 minute
Jy benodig
• 1 medium botterskorsie, in skywe gesny
• 2 soetrissies
• 4 knoffelhuisies
• 1 rooi ui, gekap
• olyfolie of botter
• 5 cm chorizowors of salami, gekap (opsioneel)
• 1 hoenderekstrakblokkie
• 1 teelepel gerookte paprika
• 1 eetlepel gedroogde groen kruie
• 1 suurlemoen se sap
• 1 koppie water, plus ekstra
Só maak jy
1. Smeer die botterskorsie en soetrissie en knoffel met olyfolie en rooster dit oor die kole (of in ’n warm oond van 180 °C) vir 20 minute totdat dit sag is. Trek die vel van die soetrissie af en kap dit saam met die botterskorsie in blokkies.
2. Braai die uie saam met die chorizowors in ’n potjie. Druk die knoffelhuisies uit hul skille en voeg dit saam met die geroosterde groente en die res van die bestanddele by die pot. Laat dit vir 15 minute prut.
3. Druk die sop fyn en voeg nog water by totdat die tekstuur reg is. Voeg sout en peper na smaak by, bring die sop weer tot kookpunt en sit dit dan voor.
Wenk: Gooi 1 blikkie borlottibone by om die sop meer lyf te gee.