Brandewynbekers met roomys

akkreditasie
Brandewynbekers met roomys. Foto: Ed O’Riley
Brandewynbekers met roomys. Foto: Ed O’Riley
Bereidingstyd: 10 minute
Porsies: 8
Gaarmaaktyd: 10 minute
Bestanddele
  • 200ml - botter, gesmelt, plus ekstra om te smeer
  • 180ml - kakao
  • 5 - ekstragroot eiers
  • 375ml - suiker
  • - ’n knippie sout
  • 125ml - bruismeel, gesif
  • 30ml - brandewyn
  • - vars mentblaartjies vir garnering
  • - roomys
Metode
Maak seker jou vakansiebestemming het ’n elektriese klitser vir dié nagereg, en doen moeite met die vars mentblare – dit is ’n lekker smaakverrassing om iets vars raak te hap.

1. Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer 8 blikbekers met ’n inhoudsmaat van 250 ml met botter en sif ’n lagie kakao oor. Skud die oortollige kakao uit en hou dit vir later.

2. Klits die eiers, suiker en sout vir sowat 5 minute met ’n elektriese klitser saam tot dit lig, donsig en dubbel die volume is. Vou die kakao en meel by, gevolg deur die brandewyn en gesmelte botter (dit moet net-net gemeng wees. Verdeel die beslag gelyk tussen die voorbereide bekers.

3. Pak die bekers in ’n oondbak en gooi genoeg kookwater in sodat die bekers halflyf in die water staan. Bak dit vir 10-15 minute tot opgepof. Die poeding moet nog effens loperig wees. Haal die bekers versigtig uit die waterbad en laat dit effens afkoel – dit laat die poeding sy lê kry. Sit dit voor met roomys en vars mentblaartjies.

WENK:
As jy nie wil bodder met ’n waterbad nie, kan jy die bekers net so in ’n voorverhitte oond bak – die tekstuur gaan effens meer soos koek as poeding wees, maar steeds heerlik