1. Kook die rys volgens die instruksies op die pakkie tot gaar maar ferm – moenie dit pap kook nie.
2. Maak ’n droë pan warm en braai die amandelvlokkies daarin tot lig gerooster. Skud die pan gereeld.
3. Gooi die koljandersade in dieselfde pan en rooster ook ’n paar sekondes tot geurig. Skud dit uit en rol fyn – ek gebruik sommer enige blikkie of flessie.