Camembert caprese

akkreditasie

1 Sny die kaas horisontaal oop en vul dit met die sondroog­tamaties en feta. Sit nou weer die twee halwes op mekaar en druk dit liggies vas om ’n “toebroodjie” te vorm.

2 Verhit die olie in ’n vuurvaste pannetjie en braai die tamaties tot hulle skilletjies begin bars. Geur dit met die sout en peper.

3 Skuif die tamaties opsy en braai nou die kaas oor lae hitte in die middel van die pan tot die onderkant mooi kleur kry en die binnekant begin sag word. Draai die kaas versigtig om en braai dit vir nog 1-2 minute. Verwyder dit dadelik van die hitte sodra die kaas begin smelt en met die tamaties meng. Sprinkel die sprietuie oor, sny ’n kruisie bo-op die kaas sodat die gesmelte vulsel makliker skep, en sit dit dadelik voor met genoeg brood – vars of gerooster – wat julle in die warm kaas en tamatie kan doop. Lekker!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan