(genoeg vir 8)
1 Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die spek tot bros. Skep die gaar spek uit die pan, maar behou die geurige olie. Braai nou die ui stadig in die olie tot dit sag en glansend is. (As dit lyk of die uie te vinnig kleur kry, voeg ½ koppie water by.)
2 Roer die gaar spek, suiker, asyn, sjerrie, heuning en brandrissie by die uie en roer alles saam tot die suiker gesmelt is. Prut dit nou rustig tot die mengsel effens verdik en ’n glans kry. Haal die brandrissie uit en geur dit na smaak met sout en peper.