Chimichangas met kaas en varkvleis

akkreditasie
Food shoot for Weg and Go magazine. Feb March 2022 issue. Picture: SHELLEY CHRISTIANS
Food shoot for Weg and Go magazine. Feb March 2022 issue. Picture: SHELLEY CHRISTIANS

1 Braai die varkblokkies in ’n pan tot bros. Voeg die char siu by en roerbraai dit tot stroperig. Verwyder van hitte en meng die sprietuie, mozzarella en feta by.

2 Smeer al vier tortillas om die rande met die roomkaas – dit is die “gom” wat jou pakkie gaan seël. Verdeel nou die vulsel tussen die tortillas. Vou die onderste punt van die tortilla oor die vulsel, vou die kante in soos ’n koevert, en rol dit dan van die gevoude kant styf op in ’n netjiese rolletjie – styf genoeg dat daar nie luggate in die vulsel kom nie.

3 Skink ’n laag groenteolie van sowat 1 cm diep in ’n pan en braai die rolletjies naatkant eerste na onder in sarsies totdat die deeg oraloor goudbruin en die kaas binne-in gesmelt is. Sit warm voor.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan