Die beste kaasbroodjie

akkreditasie
Die heel beste manier om gesmelte kaas te verorber!

Vir 2

Voorbereityd 5 minute

Gaarmaaktyd 5 minute

Jy benodig

  • ½ groenvy, fyn gekap
  • ½ rooi rissie, fyn gekap (of rissiekonfyt)
  • 2 velle parmaham
  • 2 skywe Emmenthaler-kaas
  • roketblare
  • 4 snye brood, gebotter

Só maak jy

1 Meng die groenvye en rissie en smeer daarvan op twee snye broodjie. Pak ’n vel parmaham en ’n sny kaas sodat die vetrandjie van die parmaham oor die rand van die brood hang. 

2 Sprinkel roketblare daarop en maak die toebroodjie toe. Braai die broodjie in botter tot goudbruin. Druk die broodjie plat met ’n eierspaan terwyl jy dit braai.