Dieplekker aartappelslaai

akkreditasie
Dieplekker aartappelslaai
Dieplekker aartappelslaai

1. Kook die aartappels in ’n pot water tot gaar maar steeds ferm. Dreineer en laat eenkant om effens af te koel. Sny dit in skywe of kwarte en plaas dit dan in ’n groot slaaibak.

2. Kap solank die radyse, seldery en sprietuie fyn. Skil die hardgekookte eiers en kap dit ook in klein stukkies. Sprinkel dit alles oor die aartappels en volg met die kaasblokkies, gaar gekapte spek, pietersielie en pikante rissies.

3. Meng die res van die bestanddele (behalwe die uievlokkies) baie goed saam en gooi dit oor die aartappels. Proe en sprinkel nog sout na smaak oor. Laat staan die slaai vir ongeveer 30 minute teen kamertemperatuur en sprinkel die uie vlokkies (indien gebruik) oor net voordat jy dit voorsit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan