book-icon Uitgawe September 2019
Deel

RESEP | Eilandhoender

akkreditasie
Foto: Ed O’Riley
Foto: Ed O’Riley
Hierdie vryfmengsel is geurig, maar sonder byt – sit gerus droë brandrissie na smaak by as die kleinspan nie saam eet nie.

‘Jamaican-me-crazy’

Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • 1 eetlepel droë uievlokkies
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • 1 eetlepel droë tiemie
  • 2 teelepels seesoutvlokkies
  • 1 teelepel fyn wonderpeper (allspice)
  • 1 teelepel grofgemaalde swartpeper
  • ’n knippie elk neutmuskaat, fyn kaneel en gemmer
  • ’n knypie rooipeper (cayenne pepper)
  • 24 hoenderboudjies

Só maak jy

1. Maak al die kruie en speserye saam in ’n voedselverwerker of speserymeul fyn, meng alles goed deur en bêre dit in ’n lugdigte houer.

2. Sny drie diep kepe in elke hoenderboudjie – dit help die geure intrek en verkort ook die braaityd. Gooi die boudjies saam met die speserymengsel in ’n Ziploc-sakkie en marineer dit vir minstens ’n uur, maar verkieslik oornag.

3. Braai die hoender oor die kole tot dit gaar en sappig is. Onthou, daar is suiker in die marinade – as die kole te warm is, kan dit skroei voor die hoender gaar is. Vat dus jou tyd. Sit die hoenderboudjies voor met vars suurlemoenwiggies en bottergebraaide mielies.

Weg Ry & Sleep sê
Verdubbel gerus die speserymengsel ’n paar keer – dit sal vir tot ’n maand hou in ’n lugdigte houer. Dit is ook heerlik op sosaties en varkvleis.