Flatervrye brownies

akkreditasie
Is die perfekte brownie amper soos fudge? Of moet dit eerder 'n bros koeklagie hê? Hierdie brownies bied beide.

Maak 25 | Voorbereityd 10 minute | Baktyd 30 minute

Jy benodig

• 1 koppie (250 g) botter

• ½ koppie (70 g) kakaopoeier

• 1 koppie (120 g) koekmeel

• 2 koppies (500 g) strooisuiker

• 4 groot eiers, geklits

• 110 g nougat, in stukke gesny (opsioneel)

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smelt die botter. Meng die kakao, meel en suiker en voeg dan die botter en eiers daarby en roer dit goed.

2. Gooi die mengsel in ’n gesmeerde bakpan (15 x 30 cm) en versprei dit eweredig met ’n houtlepel. Sprinkel die stukke nougat oor en druk dit in die deeg in.

3. Bak dit vir 25 minute en laat die brownies eers in die pan afkoel voordat jy dit in stukke sny.

Weg sê:
Voer altyd jou browniepan met bakpapier uit om seker te maak jy kry die blokkies mooi heel uit die pan gelig.