Fajitahoendersosaties

akkreditasie
Foto: Myburgh du Plessis
’n Fajita is ook ’n wrap, maar word gekenmerk deur die gebraaide vleis wat as vulsel gebruik word. Hierdie hoendersosaties is baie geurig – stroop die gaar blokkies af en draai dit in ’n wrap toe saam met slaaiblare en suurrroom.

Vir 4

Voorbereityd 10 minute

Gaarmaaktyd 10 minute

Jy benodig

  • 500 g hoenderborsies, ontbeen
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 lemmetjie se sap en gerasperde skil
  • 3 eetlepels chipotlesalsa (sien wenk)
  • 2 teelepels fyn komyn
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • ½ teelepel sout
  • 2 soetrissies
  • 1 ui

Só maak jy

1 Sny die hoender in eweredige blokkies, en plaas dit dan saam met die olyfolie, lemmetjiesap en -skil, salsa, komyn, knoffel en sout in ’n bak en laat dit vir minstens 30 minute (maar verkieslik langer) marineer.

2 Sny die soetrissie in stukke wat so groot is soos die hoender en sny die ui in 8 eweredige wiggies. Ryg om die beurt stukke hoender, soetrissie en ui op 4 tot 6 sosatiestokkies.

3 Braai die sosaties vir ongeveer 8 minute oor warm kole terwyl jy deurentyd van die marinade aanverf.

4 Vou dit blitsig in ’n wrap met guacamole, suurroom en blaarslaai.

Wenk

Mexicorn se chipotlesalsa is by die meeste supermarkte beskikbaar gebruik, maar jy kan dit vervang met enige tamatiesmoor en dit gerookte paprika dokter.