RESEP | Garnaalkelkies

akkreditasie

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Sny met ’n koekiedrukker uit elke tortilla vier 10 cm-deegsirkels. Verf die sirkels alkant met olyfolie en voer dan die holtes van ’n muffinpan versigtig daarmee uit. Bak vir sowat 8 minute tot goudbruin en bros. Laat afkoel. (As jy mini-tortillas in die hande kan kry, is dié stap nog makliker!)

2 Behou 12 van die steurgarnale heel vir die mooi en sny die res in kleiner stukkies. Meng dit met die mayonnaise, tamatiesous, Worcestershire-sous en Tabasco. Geur met sout en peper na smaak.

3 Skep ’n lepeltjie gaucamole in elke doppie, gevolg deur ’n skyfie tamatie, ’n skeppie van die fyn garnale en rond dit af met die pronkerige heel garnaal en ’n  strooisel kruie bo-oor. Dit is nie net vir die mooi nie, die vars smaak is heerlik. Drup enige ekstra sous oor en rangskik die kelkies op ’n mooi opdienbord.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan