book-icon Uitgawe April 2018

RESEP | Gebraaide hoender met mieliesalsa

akkreditasie
Myburgh du Plessis
Myburgh du Plessis
Die eenvoudige geure van hierdie braaihoender word goed gekomplementeer deur die vars pikante mieliesalsa. Jy kan natuurlik meer (of minder) rissie byvoeg.

Vir 4

Voorbereityd 15 minute 

Braaityd 30 minute

Jy benodig

• 2 vars mielies, gaar gekook

• 1 jalapeñorissie

• ’n hand vol koljanderblare

• ’n hand vol pietersielie

• ’n hand vol mentblare

• 3 eetlepels olyfolie

• 2 suurlemoene of 1 lemmetjie se sap

• 1 kg hoenderbraaiporsies

• 1 teelepel fyn komyn

• 1 teelepel paprika

• 1 teelepel knoffelpoeier

• sout en swartpeper na smaak

Só maak jy

Sny die mieliepitte van die stronk af.

2 Kap die rissie, koljander, pietersielie en ment saam fyn en meng dit met die mieliepitte, olyfolie en die een suurlemoen of lemmetjie se sap. Hou eenkant.

3 Geur die hoenderporsies met die komyn, paprika, knoffelpoeier, sout, peper en die oorblywende suurlemoen- of lemmetjiesap. Marineer dan die hoender oornag, indien moontlik (of so lank as wat dit moontlik is – selfs ’n paar uur sal ’n verskil maak). As jy regtig baie haastig is, kan die vleis maar direk kole toe gaan.

4 Braai die hoender vir 20-30 minute oor matige kole tot sappig en gaar. Skep die mieliesalsa bo-op die warm hoender en sit dit dadelik voor. Die eenpotrys- en-bone is ’n goeie pasmaat vir hierdie braaihoender