book-icon Uitgawe Mei 2020

RESEP | Gerolde beesborsstuk met peper-en-sampioensous

akkreditasie
Foto: Ed O’Riley
Foto: Ed O’Riley

(genoeg vir 6)

1 Sit die vleisrol net so in die plastiekvakuumsakkie in ’n groot pot en gooi genoeg water by sodat die vleis heeltemal bedek is. Verhit die pot tot kookpunt en verlaag die hitte totdat die water net-net prut. Laat dit nou rustig vir 4 uur prut. Vul die water aan soos nodig, want die sakkie moet onder die water bly. Laat die vleis in die water afkoel en sit dit dan oornag in die yskas. Daar sal omtrent ’n koppie vloeistof in die sakkie opbou.

Haal die vleis versigtig uit die sakkie en behou die vloeistof. Maak nou die sous deur die botter in ’n pot te smelt en die sampioene daarin bruin te braai. Roer die meel by en klits dan geleidelik die aftreksel uit die plastieksakkie daarby. Geur die sous na smaak met sout, peper en neutmuskaat. Kook dit vir 5 minute, roer die room by en kook alles saam tot die sous lekker dik is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan