Gerookte varkrepe met ’n soetsuur sous

akkreditasie
Foto: Ed O'Riley
Foto: Ed O'Riley

1 Verhit die olie in ’n kastrolletjie en braai die soetrissie, gemmer en knoffel tot geurig. (Hou die hitte matig, anders brand die knoffel voordat die rissie sag is.) Voeg nou die lemoensap, tamatiepasta, asyn, suiker en sojasous by en roer dit tot die suiker opgelos is.

Meng die mielieblom in ’n aparte bakkie met genoeg water om ’n loperige pasta te maak. Klits dit by die sous in en laat dit vir ’n paar minute kook tot die mengsel dik en glansend is. Proe die sous en besluit of dit suurder, souteriger of soeter moet wees. Hou die sous eenkant.

Verhit ’n riffelpan oor die kole of op die stoof. Klad die vleis met kombuispapier droog en rooster die repe vir ’n paar minute aan ’n kant tot gaar. Verf kort-kort van die soutsuur sousie aan. Dit behoort nie langer as 10 minute te neem totdat die repe deurgaar en die sous lekker taai is nie. Sit voor met die oorblywende sous.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan