1. Só maak jy die karkas plat: Knip die hoender se ruggraat met ’n skerp skêr. Sit die hoender dan met die borskant na bo op ’n kapplank en druk die borsbeen plat met jou handpalm.
2. Sny met ’n skerp mes twee kepe in elke dy en ook ’n diep keep in elke boudjie.
3. Meng die botter, knoffel, rissie, roosmaryn, suurlemoensap en -skil en speserye saam. Wikkel die vel oor die bors versigtig los van die vleis en werk die gegeurde botter onder die vel en in die gesnyde kepe in. Maak seker die hoender is oraloor goed gegeur en smeer dan laastens die buitekant met die olyfolie. Laat die hoender in sy geurige baadjie staan terwyl jy die vuur aansteek.