
- 1,½kg - varkblad (vra vir ’n Boston butt-snit)
- 1 - blik (400 g) pynappelstukke in stroop
- ½ - koppie blatjang
- 1 - blik (400 g) tamatiesmoor
- 4 - knoffelhuisies
- 1 - brandrissie, gekap
- 1 - teelepel paprika en koljander
- ½ - koppie water
- 2 - eetlepels asyn
- ¼ - koppie worcestersous
- - sout na smaak
- - koolslaai om voor te sit
- 6 - vars broodrolletjies
1. Sit die vark in ’n pot waarin dit knus pas. Voeg die pynappelstroop (hou die stukke eenkant), blatjang, tamatiesmoor, knoffel, brandrissie, speserye en water by. Verhit die mengsel tot kookpunt op die stoof of oor die kole. Verlaag die hitte, sit die pot se deksel op en laat dit stadig prut vir 4 uur.
2. Haal die deksel af en roer die pynappelstukke, asyn en worcestersous by. Laat die mengsel vir sowat ’n uur prut totdat die sous effens afgekook het en die vleis maklik gevlok kan word.
3. Haal die vleis uit die sous en laat dit eenkant afkoel. Gebruik twee vurke en trek die vleis uit mekaar. Geur die sous na smaak met sout. As jy hou van ’n dikker sous, laat dit nog prut.
4. Skep die vleis terug in die sous en sit dit saam met die koolslaai in die broodrolletjies voor. Jy kan ook vars ment bysit – dit komplementeer die pynappel goed.