Gevloktevarkpotjie

akkreditasie

Maak 12 broodjies | Voorbereityd 5 minute plus marineertyd | Gaarmaaktyd 3 uur

Marineer solank by die huis en ry dan die gemarineerde otjie sommer so in ’n geseëlde sakkie saam vir die naweek se potjiekos.

Jy benodig

• 2 uie, fyn gekap
• 4 knoffelhuisies, fyn gekap
• 1 blik (410 g) tamaties, gekap
• 2 koppies gekoopte braaimarinade
• 2 kg ontbeende varkblad (shoulder) 
• ± 2 koppies water

Só maak jy

1. Meng die ui, knoffel en tamaties met die braaimarinade in ’n swartpot. Sit die vleis daarby en plaas die deksel op. 

2. Verhit dit tot kookpunt en verlaag dan dadelik die hitte sodat dit vir 2-3 uur oor matige hitte prut. Voeg die water bietjies-bietjies by om te verhoed dat die vleis droogkook. Die vleis is gereed sodra dit sag is en maklik kan vlok. 

3. Skep die vleis uit en laat dit eenkant afkoel. Sit solank die pot met sous terug op die vuur en laat dit sonder die deksel prut totdat die sous begin verdik.

4. Trek die vleis met twee vurke uitmekaar sodat jy dun repies vleis het. Skep die gevlokte vleis terug by die sous en gooi sout en peper by. Sit voor met rolletjies of roosterkoek en mosterd.

WENK: Sit die vleis in ’n plastieksakkie, gooi die marinade oor en verseël. In die yskas sal dit vir tot 4 dae hou.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan