Gevulde soetrissies

akkreditasie
Dié soetrissie is sag, maar die spek reg rondom is bros.

Vir 6

Voorbereityd 10 minute

Gaarmaaktyd 20 minute

Jy benodig

  • 6 lang, dun soetrissies (pimiento’s)
  • ’n hand vol gerasperde mozzarella
  • 2 plakke fetakaas, in vingertjies gesny
  • rissiesous, na smaak
  • 12 repe strepiespek
  • 12 tandestokkies
So maak mens
  1. Halveer die soetrissies oor die lengte en krap die saadjies uit.
  2. Skep ’n teelepel gerasperde kaas in elke helfte, gevolg deur ’n vingertjie feta.
  3. Skep ’n bietjie rissiesous in elkeen, draai elke helfte in die reep spek toe en steek die pakkie stewig met ’n tandestokkie vas.
  4. Braai die helftes vinnig met die oop kant na onder bo-op die rooster sodat die spek kan bros word, maar moenie dat die kaas té veel smelt en uitdrup nie. Draai hulle dan vinnig om en braai dit oor koeler kole velkant na onder totdat die kaas gesmelt het, die soetrissie sag is en die spek reg rondom bros.